Daar is nou ‘n klop Hollandse hippies hier in die eetkamer van wat voorheen die gastehuis was. Nou is dit ‘n verwronge Europese wasteland met Coldplay kitaarspeler-caps, uggboot/afgeskeurde jean combos en algemene minagting vir ouer mense. Dat is uncool. Hulle is soos Amerikaanse tieners.
Ek speel aspris my enigste blues musiek om hulle te pla. Hulle is mos techno-mense. Die koek-ding het nou ‘n full-on verslawing geword. Daar word nou meer as twee keer op ‘n dag koek gebak. As we speak is daar ‘n koek in die oond en daar word nog beplan. What a way to do it.
CAKE PARTY!
Terwyl ek jou aandag het wil ek net uitwys dat ek 19 dae oor het. They catch you coming and going; Toe ek gekom het wou ek net terugkom huistoe en ek was moedeloos vir ‘n groot gedeelte van drie maande. Noudat ek terug gaan kom, begin Nkhoma op my groei.
Ek raak nie sag of enigeiets nie, maar ek begin myself geniet, en nou moet ek weer deur die hele trek gaan, so dit voel asof ek virniet gewoond geraak het aan alles hier. Ek het ook nounet uitgevind dat ek wel normale long-life melk in Nkhoma kan koop. Nege weke te laat. Jy is nogal stil met die comments. Ek het ‘n bietjie meer deelname verwag, maar jy kan ‘n perd net tot by die water bring...
Vandag was ‘n goeie dag, oor die algemeen. Ek gaan nou vir jou vra hoe jou dag was, al weet ek jy gaan nie ‘n antwoord gee nie, omdat ek toegewyd is en ek nie so maklik opgee soos jy nie.
Dit is nou tyd vir ‘n shoutout.
At the time of posting is dit Chris se verjaarsdag! Veels geluk, buddy. A very special day for a very special boy! Ek hoop jy lees hierdie en voel skuldig dat jy nie my facebook boodskappe lees nie. Mag jy negentienwees melk vir alles wat dit het. En dankie dat jy hierdie paragraaf moontlik gemaak het.
Jy wat nie verjaar nie moet ook nie uitgelos voel nie. Jy mag jou dag ook geniet, as jy regtig wil.
Die Kaaskoppe is nou klaar geraas en die koek is nog nie klaar nie. Ek dink daar’s ‘n gat in die oond. Ons gaan kaarte speel. Ons lewe op die rand. Maar dis nie alles speletjies hier nie, o nee. Ons moet skottelgoed was een ons eie kos maak as ons in hierdie gastehuis wil bly. Ek sê jou, dis soos die army.
Cool.
No comments:
Post a Comment