Hallo julle!
En hoe gaan dit met jóú ma-hulle? Okay, cool, luister: Hier begin ons met my 40 day countdown. Ek gaan probeer om elke dag iets te skryf en jy gaan probeer om nie dood te gaan van ‘n oordosis Marmite Vir Die Siel nie. Is dit reg so? Mooi, man.
Kom ons begin met ‘n bietjie wêreld nuus. Onlangs was daar mos Earth Hour, né? Hier in Nkhoma is daar elke week ‘n Earth Hour of twee. Partykeer is dit sommer ‘n Earth Day. I’m here ‘till Wednesday, tip your waitress.
Ek het Sondag wat verby is ‘n interessante uitstappie gehad, maar dis ‘n storie vir later.
Vandag het ek kos gaan koop in Lilongwe. Het jy geweet dat iemand regtig met ‘n straight face ‘n hoërskool “Double Vision Boys Private” genoem het? Net so, sonder die apostrophe. Wel, dit is langs ‘n bar…
Hier in Donker Afrika™ het mense mos ‘n unieke manier van dink as dit by name kom (Who Told You? Investments, hardware store). Mense hier is snaaks sonder opset. Daar was ‘n paar straatstalletjies met vreeslik aanstootlike name, ook. Een van hulle het die N-woord gebruik. Die ander een was N*gger Cellphone Repair.
Op die blink kant moet ek sê dat die eienaar dit nie lelik bedoel het nie. Hy het dit in ‘n Rap liedjie gehoor en aangeneem dit beteken ‘Dude’ of iets soortgelyks.
Enige mens wat nog steeds nie glo die lewe is iets om oor te lag nie hoef net Malawise radio te luister. Die aanbieder het probeer om ‘n vinnige, smooth recap van sy laaste punt te gee, en toe sê hy weer sy hele stuk oor, only in slightly different words. En die advertensies is net killer.
Carlsberg: Probably the Best Beer in the World.
Probably.
Not.
Okay, dis later. My interessante uitstappie was ‘n uur se loop tot in die volgende “dorp” in ‘n jean. Hier is die kultuur mos dat alle mans langbroeke moet dra. Die een ou het saam semi berg geklim in ‘n SUIT. ‘n Volle pak klere, want hy’s ‘n quote “Gentleman” en gentlemen dress neatly.
Net ‘n laaste gedagte: mense hier sny gras met pangas, kap hout met byle, maak alledaagse goed met super skerp reeksmoord wapens. Dit beteken dat almal swaar gewapen is, in ‘n land wat nog nooit van ‘n moordsyfer gehoor het nie.
Is daar iets in die water?
No comments:
Post a Comment