Voor ons begin wil ek om verskoing vra vir die vorige inskrywing. Ek het ‘n ligte sonsteek situasie aan die gang gehad toe ek dit geskryf het.
Malawi het nou my nuwe normaal geword. My drome is nogsteeds freaky en ek word nogsteeds deur vlermuise geteister, maar my kaste stuur nou darem goeie vibes uit, so dis ‘n klein oorwinning.
Elke aand is nou fliek-aand in die gastehuis. Dinge begin baie vinnig baie cool word
Net om ‘n bietjie insig te gee, die kollektiewe Malawise psige lyk so: Jy het natuurlik dadelik van die Japan-aardbewing gehoor? Dit het nog nie in die Malawi koerante verskyn nie. Op die dag toe die res van die wêreld geskok was deur wat in die nuus gestaan het, was die plaaslike hoofopskrif “IG [Inspector General] WON’T APOLOGISE” en die berig het gegaan oor een ou wat iets oor ‘n ander ou se vrou gesê het en nie wou jammer sê nie.
Ek het op Facebook uitgevind.
Een ding wat baie waar is, is dat Malawi nog nooit van geweld gehoor het nie.
As jy ‘n vuisgeveg in Salima kan begin gee ek jou ‘n duisend Kwacha ( R40 ). Almal hier is too chill to spill. Dit kan wees omdat hulle te veel petrol-roomys eet, maar wie weet.
Ek hoop dat ons nog vriende kan wees na die vorige inskrywing. Ek sal harder probeer in die toekoms.
You know what, petrol-roomys sounds like fun at this point
ReplyDeleteDit gee jou trippy drome. Also, dis soos Jamaica hier as jy dieper krap in die alledaagse lewe van die non-dominee mense. By the way, hier is BAIE dominees. 'n Oormaat, in fact, maar dis vir 'n latere blog.
ReplyDelete