Sunday, 6 March 2011

Rooi Sondag.

Okay, so Donald Duck dra nooit ‘n broek nie, maar as hy by die stort uitklim het hy altyd ‘n handdoek om sy middel…

Welkom by nog ‘n opwindende episode van Marmite Vir Die Siel. Hier is almal ewe bang vir die donker.

Ek dink ek het Malaria.

Vergewe my as my witty banter flou en deurmekaar raak soos wat die tyd aanstap; dit is moeilik om te konsentreer as jy siek is in ‘n tropiese oerwoud en daar is niks om jou sane te hou nie.

Jy sal dalk sukkel om te verstaan hoekom ek stadig besig is om mal te word, so laat my toe om te verduidelik:

Vat een borderline nutcase. Sit hom honderde kilometers weg van sy huis, familie en vriende af neer in ‘n klein dorpie op ‘n berg met swakker infrastruktuur as die deursnee Suid-Afrikaanse plakkerskamp. Gee hom ‘n week sonder kos, ‘n week van amper-wanvoeding en ‘n ligte dosis van een of ander onidentifiseerbare siekte.

Maak nou sy internetverbinding stadiger as dial-up en vra van hom om te blog.

Tussen-in moet hy nog probeer onthou hoe almal wat hy agtergelaat het lyk en klink, terwyl hy meer en meer sukkel om fiksie van werklikheid te skei.

Dit klink vir my na ‘n resep vir sukses.

Die vlermuise het nog nie weer verskyn nie, maar ek het begin vreemde drome kry en ek kry sinister vibes van my klerekas af. Gisteraand het ek gedroom dit haal asem.

Help.

1 comment:

  1. Malaria could be fun, add to your cultural experience a bit you know, and losing your mind kan dalk net jou blog se eventual gebinde bundel op een of ander sci-fi bestseller list laat kom, solank dit net iets dramaties genoeg is soos dementia.

    P.S. Danie het probeer comment, maar die rekenaar het vir sy tegnologiese vaardighede geskrik.

    ReplyDelete