Monday, 28 February 2011

Mondays Suck

Ek het al heel dag lank daardie gevoel dat ek laat is, maar ek het niks om voor laat te wees nie. Jy weet wat ek bedoel. Dis moelik om van ontslae te raak. In my agterkop voel ek die behoefte om betyds te wees vir iets wat nie gaan gebeur nie.

Ek wonder of Amazon boeke in Nhoma sal aflewer...

Ja, die vorige sin was sy eie paragraaf. So ver het ek tyd genoeg gehad om ‘n gediggie te skryf en ek het besluit dis tyd om dit te uit.

Alles wat goed is
Alles wat mooi is
Alles wat in helder kleure getooi is

Alles wat goed is
Alles wat reg is
Alles wat nou ewe-skielik weer weg is

Alles wat waar is
Alles wat eg is
Alles wat dalk net ‘n klein bietjie sleg is

Alles verdwyn
As die lig daarop skyn
En die wind daaroor waai
En die son dit verbruin

Welkom by ‘n blog vir die aandag afleibare.

1 comment:

  1. Dude jy moet nou vir ons die egte indigenous inside story gee soos 'n egte western explorer sodat ons 'n fliek daarvan kan maak as jy terug kom waarin die hele fliek klink en lyk asof jy dit deur watte kyk en natuurlik a sexy, slow-speaking blonde meisie wat jou basically aanbid.

    ReplyDelete